In die Kerk.

         O, gonna ek hoop dis die einde van die kerk
         Ek kan nie meer sit nie my maag wil werk
         Die dominee praat lank en die son sit laag
         Die vreeslikste pyne kruip rond in my maag

         Eers word ek warm, en dan weer koud
         Nog nooit in my lewe was ek al so benoud
         Dominee, Dominee praat tog klaar
         My rug trek krom die gort is gaar

         Dit knal en dit kraak en my derms kreun
         Toe los ek 'n wind wat die gallery laat dreun
         Die mense kyk om en ek bloos my bloedrooi
         Die skaamste van almal was Sannie, my nooi.

         Die dominee bly stil, sy oë omgedop
         Die vrou agter my se hoed sit skeef op haar kop
         Kort agter die hakke van die stereo klank
         Volg die gemeente se reaksie op die vreeslike stank

         Party begin te hoes, en ander te proes
         Ander weer waai met sakdoeke woes
         My oë traan, my kop die sak
         Toe kom die vrees dat ek in my broek sal k...

         Sowaar as wragtig net die volgende keer
         Is dit toe presies wat moes gebeur
         Ek dag dis 'n wind want die drukking is kwaai
         Te laat besef ek dis 'n ander lawaai

         Geskok na die gerommel soos 'n donderstorm
         Kom ek agter die wind het 'n knopperige vorm
         Die dominee bly stil en gluur my aan
         'n ouderling begin woedend sy weg na my baan

         Ek spring met mening op om weg te hol
         Maar word teruggetrek deur 'n tienpond drol
         Die ouderling kom nader sy arms bak
         Ek skrik so groot dat ek 'n groter bol k....

         My broek is nat en die pype staan wyd
         so het ek my laas as kind beskyt
         Die ouderling gryp my, ek kan nie beweeg
         Toe maak ek vir "spite" die res op hom leeg

         Nou is hy woedend en soos 'n bees so sterk
         Hy "free-wheel" my kop tussen my bene uit die kerk
         My sinne word dof van die walglike reuk
         Die " cheek" om my kop tussen my bene te steek

         My maag is so seer, my bene die knak
         Al wat ek voel is die groot bol k...
         Die ouderling steun en druk aan die bol
         En druk die ding amper terug in my hol

         Buite los hy my en storm na binne
         Stadig herstel ek van my bedwelmde sinne
         Die ding wat my sedertdien nog altyd verstom
         Is hoe het ek die Sondag by die huis gekom

         Een ding het ek van kerkgang geleer-
         As jou maag wil werk , sit naby die deur
         En as jou derms begin draai en jou poephol blom
         Sorg dat jy vinnig by die k...huis kom.

>>>>> volgende