|
Die buitetoilet
Die jong man wou sy meisie plaas toe nooi,
maar was skaam vir die outydse buitetoilet . Hy't bly neul by sy pa vir
'n moderne, binnenshuise een, maar die oubaas wou nie kopgee nie. Uit pure
desperaatheid glip hy een nag uit, plaas 'n klomp dinamiet agter die toilet
en blaas die hele affêre in sy glorie.
Die volgende oggend aan ontbyt vra sy pa
hom of dit hy was wat die toilet vernietig het en herinner hom terselfdertyd
aan die storie van George Washington en die kersieboom.
"Ja, Pa," sug die seun. "Dit was ek."
"Ek's bly jy's so eerlik." sê sy
pa. "En as straf moet jy onmiddelik die put vir nog een begin grawe."
"Maar Pa," protesteer die seun, "toe George
Washington erken het dit was hy wat die boom afgekap het, het sy pa hom
nie gestraf nie!"
"Ja, jy's reg," sê sy pa. "Maar George
se pa was nie in die kersieboom toe hy dit afgekap het nie!"
>>>>>
volgende
|