Die dominee en die hitchhiker

 

In die dae toe daar nog huisbesoek gedoen is met perdekar, ry ‘n dominee en ouderling op ‘n eensame plaaspad, toe hulle op ‘n man afkom wat in die pad stap.
 
"Sal ons hom oplaai, Dominee?" vra die ouderling.
 
"Ja, Broer, dalk is dit een van onse kerk se mense."
 
Hulle hou stil. "Saamry, Neef?"
 
"Asseblief, my Vrinne,” en hy klim flink op. Na ‘n rukkie: “Baie dankie vir die wonderlike geleentheid, Vrinne."
 
So plus minus 400 meter verder vra die saamryer: "Vrinne, sal julle asseblief stilhou, ek moet nou pie."
 
Die storie hou toe aan, elke nou en dan. Tot hulle oplaas by ‘n plaashek kom, toe sê die saamryer: "Baie dankie vir die saamry, Vrinne...dit is my plaashek. Ek sal hier afklim.
 
‘n Entjie verder sê die Dominee aan die ouderling: "Lyk my nie hy is van onse kerk se mense nie, Broer."
 
"Nee, Dominee,” antwoord die ouderling, “ vir my lyk dit of hy van die Pisbiteriaanse kerk is."