|
Huisbesoek
Ons predikant op Ladybrand het huisbesoek
gaan doen by 'n huisgesin waar die ouers 'n identiese
tweeling het. Alhoewel die outjies identiese voorkomste
gehad het, het hul persoonlikhede soos dag by nag van
mekaar verskil. Klein Andre was 'n rustige denker, maar
Werner was 'n mannetjie wat baie lief was daarvoor om
almal poetse te bak....'n regte klein woelwater.
Tydens die huisbesoek het dominee dan ook
verneem of die seuns darem in die aande voordat hulle
gaan slaap hul dag afsluit met 'n gebedjie, waarop Mamma
bevestig het dat dit wel die geval is. Klein Andre het
aangebied om vir dominee sy vaardighede met sy gebedjie te illustreer,
en hy trek sommer dadelik weg:"
Liewe Jesus, baie dankie
vir my mammie en pappie en die kos wat ek elke dag eet.
Maak asseblief my boetie 'n soet seun want hy is party dae
baie stout. Amen!!"
Klein Werner het tjoepstil na sy boetie
se gebed gesit en luister, waarop hy as volg gereageer het:" Liewe
Jesus, baie dankie vir my mammie en pappie en die kos wat
ek elke dag eet. Maak asseblief my boetie dood, want hy
skinder van my by Jou!!!"
>>>>> volgende |