|
Dis mos lekker om
Afrikaans te wees!
Grapjas se humor is nie
bedoel om te skok nie, as daar bietjie te veel kruie na jou sin is, en
jy stik, moet jy maar elders gaan kuier en die mense kans gee wat van 'n
bietjie skop hou.
Behalwe 'n paar
vertalings hier en daar van anderstalige grappies wat ek nog nooit in
Afrikaans raakgeloop het nie, is alle humor in Grapjas se Grapkas verkry
van Grapjas lede, vriende, familie of van die web.
Ons Afrikaanse mense is
partykeer maar lekker skynheilig, 'n tannie van Bloemfontein het my
verlede jaar lelik oor die vingers getik oor die f woord in 'n laggie,
maar ek glo daardie tannie het al baie maal 'fok' gesê as sy haar
vingers verbrand by die stoof.
Daar is regtig min
Afrikaanse humor webwerwe, die meeste wat ek gekry het, adverteer 'skoon
grappies' , fine ek geniet hulle net soveel, maar daar is net soveel
snaakse laggies wat 'n bietjie stout is en wat ons net in die kantoor
vertel of per epos versprei word. Kom ons sit hulle almal in een plek
bymekaar op Grapjas se Grapkas.
Seks is net soos 'n kaartspel. As jy nie 'n goeie partner het nie,
moet jy beter 'n goeie hand hê.
|
|

Nuutste cartoon - 23 Augustus 2007
She works hard for her money
5 Mei 2006
Telling him straight
Ek sê
altyd vir my baas:
"Ek
gee nie om om in die oggend fokkol te doen nie...
Maar in
die middag wil ek rus!"
24 April 2006
Kids Kazoo is 'n fees
van ou Afrikaanse kleuter- en kinder- rympies. Ons wonderlike skatkis
van gister raak verlore, ons moet dit behou vir ons kinders. ie onthou
nie nog vir 'Olke, bolke, riebeek stolke' nie, mens kon mos nie 'n game
begin sonder om uit te tel nie. Kliek onder om meer te lees

Humor
Koos is besig om liefde te maak
toe die girl 'n epileptiese aanval kry.Koos jaag met haar na dokter wat
vra wat's fout?
Koos:Ek dink haar orgasme haak vas.
Mans is soos rooi wyn.Hoe ouer,hoe beter.
Vroue is soos melk,eers is hulle soet en heerlik, dan word hulle suur en
dan dik!

|
|
Daar niks fênsie goed op Grapkas nie, wat jy sien is wat jy
kry. Kliek op grappies en dis wat jy kry. Nuwe prente is net wat dit
sê. die afgelope maand se nuutste spotprente wat nog nie by die index
gevoeg is nie. Sommige webblaaie is awesome, flash en al daai goed, maar
jy soek jou morsdood tussen al die advertensies na iets om te lees. Ons
is soos Nationwide, geen tierlantyntjies nie, net 'n reguit vlug na die
beste humor wat ons jou kan bied ... One time!.

Moenie
die lewe te ernstig opneem nie, jy gaan tog nooit lewendig
anderkant uitkom nie.
Om elke week 'n
grappie in jou e-pos te kry, stuur 'n e-pos aan grapjas@grapkas.com
Stuur jou grappies, hoe ouer hoe beter, as ons dit al
gebruik sal dit nie verskyn nie. Dit gebeur dat jy 'n grappie al soveel
jare ken dat jy dit vir niemand vertel nie omdat dit ou nuus mag wees,
en dan is dit vir ander splinternuut.grapjas@grapkas.com
Weet jy ...
Julle mense wat dink julle weet alles, maak ons mense wat alles weet
die bliksem in!
|