Die modepop

 

Rooi rok wil sy dra,

maar niemand kyk daarna

en almal staan verslae

oor die rokkie wat sy dra.

 

Oom Jannie se naam is Goggabie !

Goggabie ! Goggabie !

Oom Jannie se naam is Goggabie !

Mooi was sy, nie lelik nie.

 

Borsspeld wil sy hê

en borspeld het sy nie,

haakspeld moet sy vat,

 om borsspeld van te maak.

 

Oom Jannie se naam is Goggabie !

Goggabie ! Goggabie !

Oom Jannie se naam is Goggabie !

Mooi was sy, nie lelik nie.

 

Skoene wil sy dra

en skoen het sy nie,

velle moet sy vat

om skoene van te maak.

 

Oom Jannie se naam is Goggabie !

Goggabie ! Goggabie !

Oom Jannie se naam is Goggabie !

Mooi was sy, nie lelik nie.

 

Skoenriem wil sy hê,

en skoenriem het s nie,

bandjies moet sy vat

om skoenrieme mee te maak.

 

Oom Jannie se naam is Goggabie !

Goggabie ! Goggabie !

Oom Jannie se naam is Goggabie !

Mooi was sy, nie lelik nie.

 

Bolla wil sy dra,

maar hare het sy nie,

lappe moet sy vat

om bolla mee te maak.

 

Oom Jannie se naam is Goggabie !

Goggabie ! Goggabie !

Oom Jannie se naam is Goggabie !

Mooi was sy, nie lelik nie.

 

--  P.W. Grobbelaar  --

Kliek hier met jou muis om hierdie blad toe te maak en meer rympies te lees