|
Ou tante Koba
Ou tante Koba die was so bly toe sy weer 'n skoonseun kry, die beste kalkoen is uitgemes, vier skottels rys, en 'n halwe fles.
Haar skoonseun kom die hoogte uit, toe bak tant Koba mosbeskuit. Tant Koba met haar maer ou hand, die suikerbrood is swart gebrand.
Verbrande brood en bitter tee = ou maat, gaan jy na die bruilof mee? Die ou hoenderhen en die ou, ou haan die was so taai, ons moes laat staan.
Ou tante Koba is 'n snaakse ou wyf, vra jy haar koffie, dan gee sy jou snuif. Ou Tante Koba en haar wynkalbas, sy knyp die vlooi met haar tone vas.
Ou tante Koba staan en loer, sy skink haar koffie die ene moer. Ou tante Koba sy is so dom, sy roer haar koffie met haar groottoon om.
Ou tante Koba kom die bult daar af met 'n emmertjie op 'n stywe draf. Ou tante Koba, maak oop die deur ! Die wilde bobbejaan het my broek geskeur. 'n Ander weergawe HIER
Kliek hier met jou muis om hierdie blad toe te maak en meer rympies te lees |