|
Die koei ....
Hierdie is 'n opstel deur 'n leerling
naby Vryburg. Ingesluit is al die spelfoute en dinge....
Die koei is 'n soogdier. Hy is ook 'n
huisdier.
'n koei is orrals. 'n koei het 'n baie fein reik
- jy reik hom oor die jele plaas. Agteraan die koei sit die stert.
An die een kant van die stert sit die pint van die stert wat die
kwas genoem word en an die anner kant sit die koei. Die koei gebruik die kwas om die flieje
van haar weg te hou anners val hulle innie melk. Vooran die
koei sit die kop. Daar groei die hoorings. Die kop hou ook die
bek vas. Tissen die stert en die kop sit die koei. Die koei is oorgetrek
met 'n beesvel.
Onderan die koei hang die melk. Om die
melk te kry, maak jy die koei se bene vas. Die agterstes. Dan sit
jy onner die koei en trek die toutjie. Dan kom die melk. As
die gras goed is, is die melk goed. As die gras sleg is, is die
melk sleg. As die donner-weer in die lug is, is die melk weg. As dit 'n ou koei is,
is die melk suur. Dit is baie goedkoop
om 'n koei aan te hou want jy gee hom net eenkeer kos, dan kou hy
twee maal. Die man van die koei is die os. Dit lyk soos die koei
maar daar hang net nie melk aan hom nie. Om os te se is nie 'n vloekwoord nie. Verder weet ek
niks. Behalwe dat as 'n
koei baie stip na jou kyk, moet jy padgee want dan is dit 'n bul.
>>>>>
volgende |