|
Die krokodil
Die krokodil is spesiaal so laag gebou
want hoe platter hoe swemmer. Voor aan die krokodil sit die kop. Die
kop bestaan byna net uit tande. Agteraan die krokodil groei die stert.
Tussen die kop en die stert sit die krokodil.
'n Krokodil sonder 'n stert noem ons 'n
rotweiler. 'n Krokodil se lyf is oortrek met handsak- materiaal. Hy kan sy
stert afgooi as hy skrik, maar dit gebeur nie sommer nie want 'n krokodil
skrik vir niks. 'n Krokodil bly onder die water want as jy so lelik was,
sou jy ook onder die water gebly het.
Dit is goed dat 'n krokodil in die water
bly want 'n mens skrik so groot as 'n krokodil jou vang dat hy jou
eers moet afspoel voordat hy jou kan eet.
'n Krokodil is glad nie so gevaarlik soos
mense sê nie, behalwe as hy jou bykom. Hoe langer hy jou byt,
hoe seerder word dit. Baie ou krokodille suig hulle prooi dood. As jy
hom eet, is hy 'n krokosatie.
'n Krokodil het nie geleer om met sy arms
te swem nie nou gebruik hy sy stert.
Die kleinboetie van die krokodil is die
likkewaan. Die stadige sussie van die krokodil is die trapsuutjies. Die
mooi broer van die krokodil is die daffodil. En dan het die krokodil nog
'n dooie boetie wat mens kan eet - die frikkidil.
>>>>> volgende |