|
Kyk Pappa!
My suster en haar man besluit een Sondag
dat hulle seuntjie nou groot word en dat sy nie in die moeder-kamer
gaan sit met die seun nie. Hulle gaan sit toe in die agterste
bank van die kerk en wag vir die dominee om in te kom. Toe
die dominee met sy swart toga verskyn, spring die seuntjie opgewonde
op die bank en sê: "Kyk pappa daar is liewe Jesus."
>>>>> volgende |