'n Moerse lang tyd

Die onderwyser se vir die klas dat hy hulle kennis van wiskunde bietjie wil toets. Hy vra vir die klompie seuns: "Se nou vir my, as Wellington 20 kilometer van die Paarl af is, hoe ver is die Paarl van Wellington af?"

Hy kyk rond in die klas, maar nie een waag 'n antwoord nie. Dit is tjoepstil in die klas. "Kom nou seuns, dis mos maklik! Kom ek herhaal dit weer vir julle. As Wellington 20 kilometer van die Paarl af is, hoe ver is die Paarl van Wellington af?"

Niemand waag 'n antwoord nie, almal bly tjoepstil. Die onderwyser besluit om vir een van die seuns direk te vra. "Jannie, vertel jy nou vir meneer die antwoord?" 

Ou Jannie skud net sy kop en skop, skop met sy toon teen sy bank. "Jannie, maar dit is mos logies. As Wellington 20 kilometer van die Paarl af is, dan is die Paarl mos 20 kilometer van Wellington af. Dit spreek mos vanself!"

Jy kan eintlik hoor hoe Jannie sommetjies in sy kop maak! "Nei Meneer, dit spreek nie vanself nie. Vanaf Krismis tot Nuwejaar is 'n week, maar vanaf Nuwejaar tot Krismis is 'n moerse lang tyd!"

>>>>>  volgende