Organisasie

Twee ou omies van in die tagtig sit op die ouetehuis se stoep in die wintersonnetjie en bak. . 'n Ou man en vrou stap handjie-handjie verby terwyl hulle liefies na mekaar loer.

Die een oue op die stoep fluister vir sy vriend:

"Ek hoor die tweetjies wil trou, ou broer"

"Maar ek hoor hulle het sy protestantse klier uitgehaal*"

"Ja, en haar vrolike dele* ook" laat die eerste ou omie hoor

"Nou maar vertel nou vir my hoe gaan die tweetjies dan 'n organisasie* hê?"

>>>>> volgende