|
Die padda
Een van die diere op Noag se ark was 'n padda
met 'n groot bek. Hy't gedurig van
homself 'n oorlas gemaak. Dàn maak hy rusie
met diè een, dan lig hy sy opinie oor dit of dat.
Elke aand net voor
sononder klop hy aan Noag se deur en vra: "Hoe lank moet ons
nog wag voor ons by droë land uitkom?"
Een aand klop die padda
weer aan die deur. "Hoe lank nog voor ons by
droë land uitkom?"
"Ek weet nie," sê
Noag. "Maar ek sê jou wat. Môreoggend gaan ek die een met die
grootste bek op die ark uitstuur om land te soek!"
"O" sê die padda en
bly lank stil voor hy weer praat. "Het jy die krokodil al
daarvan gesê?"
>>>>>
volgende |