|
Die eend
en die Lion King
Die ou wil graag hê sy mak eend moet The
Lion King sien. So stap hy een aand by die
flieks in, eend onder die arm.Die bestuurder van die teater
sê, 'Sorry meneer, ons laat ongelukkig nie mak eende
toe nie.' Die ou is vasbeslote, stap
die gents binne en prop die eend hier voor by sy broek
in.
Hy sit nog so lekker en
fliek kyk toe die eend half benoud raak, en hy wikkel
sy kop hier deur die ou se gulp uit vir so 'n bietjie vars
lug. Die dame langsaan ruk omtrent haar nek af van skok, pomp
haar man in die ribbes en sê, 'Die ou langs my se dinges
steek uit.'
Haar man is verdiep in die
fliek en sê, 'Ag, ignoreer dit.'
'Ignoreer dit?' sê
die vrou. 'Hy's besig om my blerrie popcorn op te vreet!'
>>>>>
volgende |