|
Mike en die Speedo
Mike hou vakansie by die see, en die eerste
oggend pronk hy vroegdag op die strand met sy neëntien-voertsek-baaibroek.
Tot sy ontsteltenis kom hy agter dat die meisies hom ignoreer; hulle het
net oë vir die gespierde lewensredder.
Mike het die ding so bekyk en toe die
son sak, hark hy die lewensredder nader vra hom wat sy geheim is. En die
man is tog te mededeelsaam. Die probleem, sê hy, is Mike se baaibroek
- die ding is totaal uit de oude doos.
Net daar gaan koop Mike vir hom so 'n
blomryke Hawaise nommer. En die volgende dag is hy vol moed terug op die
strand. Maar helaas, die meisies sien hom nie eens raak nie. En nou raak
sy geduld min. Toe die son sak, pluk hy weer die lewensredder nader - net
om uit te vind sy baaibroek is nog àltyd die probleem. Wat Mike
nodig het, dit sweer die man blou, is 'n Speedo.
Mike is toe daar weg en koop vir hom 'n
Speedo. Maar die meisies ignoreer hom nog steeds. En nou is hy woedend
Hy gryp die lewensredder voor die bors en eis 'n verduideliking. En daar
kom die man toe uit met sy geheim: 'n aartappel in sy Speedo.
Die volgende oggend kom die lewensredder
op die strand aan en daar is totale pandemonium. Mense drom saam, hulle
rol
in die sand rond soos hulle lag en daar's
nie plek vir 'n muis nie. Maar uiteindelik kry hy dit reg om deur die skare
te beur, en daar sien hy die bron van al die opwinding: Mike met sy aartappelryke
Speedo.
Skielik word alles vir hom duidelik. Hy
klop vir Mike op die skouer en sê: "Mike, Mike, ek het bedoel
vòòr in die Speedo!"
>>>>>
volgende |