|
Van Tonder, Van Tonder, Van
Tonder
Die ou moet army toe gaan terwyl sy vrou so sewe
maande verwagtend is.
"'Wanneer ons kind gebore
is,' sê hy, 'moet my in hemelsnaam tog nie bel nie. Al ons
telefoonoproepe word vir veiligheidsdoeleindes gemonitor, en
as die manne hoor ek is pa, moet ek vir almal in die basis 'n
dop koop, en daarvoor het ek tog nie die geld nie. Stuur net 'n telegram
met oorle' oupa se van daarop - Van Tonder. Dan weet ek
jy's oukei en die baby is oukei.'
'Oukei,' sê sy.
So twee maande later kom
die telegram van sy vrou toe by die basis aan. Die troep pass
uit toe hy lees: 'VAN TONDER VAN TONDER VAN TONDER VAN TONDER. TWEE MET GEWERE EN EEN
DAARSONDER.'
>>>>>
volgende |