|
Ses verhogings
Dit is
vyfuur en die trein terug na Bellville toe is gepak en
heelwat van
die mense moet maar staan. Een vrou lyk baie
ontsteld en draai om na 'n man wat reg agter teen haar staan:
"Meneer, as jy aanhou om jouself so onwelvoeglik
teen my aan te druk, gaan soek ek onmiddellik 'n polisieman."
Die man bloos en
sê: "Ek is baie jammer, mevrou, maar dit is
maar net my beursie met my salaristjek daarin wat u gevoel het."
"O," sê sy
katterig, "dan moet jy seker 'n baie groot salaris verdien, want die afgelope twaalf minute het jy
presies
ses verhogings gekry."
>>>>> volgende |