|
Vlooi, vlooi, wat soek
jy in my kooi?
Koos klim op die trein met sy hond en gaan sit naby 'n welgeklede
dame. Toe die basterbrak verveeld begin raak, begin hy krap dat dit 'n
naarheid is, en die dame sê vererg: "Vat jou hond weg, ek kan al
voel hoe die vlooie op my ronddans!"
"Haai Boesman, kom lê hier, die antie het vlooie."
|