|
Moenie vrees nie
Toe ek die stories van die kinders lees
onthou ek mos my eie dogtertjie ( toe só 5 of 6, nou al 24 jaar
oud), sy kom van die Sondagskool : "Papa, Papa.....ons het vandag 'n nuwe
teksie by die Sondagskool geleer" Ek vra , "nou toe vertel my". Stilte,
effe lank en ongemaklik, ek los dit en wag maar..... "Papa.. e....o ja.....e....moenie
vrees nie....e....e.....e....watch net!"
>>>>>
volgende |