**********RESEP VIR DIE LUI HUISVROU**********

Indien jy gaar mince oor het van verlede week se resep, maak die volgende aand geroosterde toebroodjies daarvan met dun gesnyde uie- en tamatieringe en kaas, selfs 'n gebakte eier op die broodjie, met 'n snytjie tamatie en 'n slaaiblaar langsaan, net vir die mooiheid. Jou gunsteling sous kan die ete perfek afrond. (Onthou net dat mens met jou o eet, so hoe mooier die broodjie lyk, hoe lekkerder sal dit smaak. Dien dit op in jou spesiale borde wat vir gaste gehou word.) Vou gerus die servette van die laaste wegneem ete om die mes en vurk, die naam aan die binnekant natuurlik! H style mens!

Wenk 1:

Kinders hou van gemorskos, so geen probleem nie, as jou man dalk sy neus gaan optrek, skeduleer die aandete wanneer daar iets op tv is waarvan hy hou en hy sal nie eens weet wat hy eet nie.

Wenk 2:

Die gesnyde brood is in te dun snye gesny vir 'n geroosterde toebroodjie, so gebruik drie snye. Jy sal verbaas wees hoe vinnig die toebroodjie toring plat word in die rooster.

Het enigiemand resepte vir 'n lui (of besige) huisvrou? Stuur dit aan grapjas@mweb.co.za met 'n noemnaam of skuilnaam, of joue eie naam as jy kopiereg op jou resep wil behou. Dit meen nie ons mag dit nie maak nie, ons mag dit net nie publiseer as ons eie nie.

>>>>> Next