|
Van wie se man praat julle nou?
Twee dames sit en kuier by 'n ou dame wat
maar bietjie baie doof is van die ouderdom. Die een dame se man is 'n uitstekende
tuinier en sy spog graag oor hulle pragtige groentetuin.
"Haai, weet julle, ons wortels is soooooo
groot"...en sy beduie met haar hande. "En julle moet ons aartappels sien!
Dit is sommer sulke knewels" Weereens word met twee bak hande beduie hoe
groot die aartappels nou eintlik is.
Die ander dame is bietjie afgehaal. "My
man is 'n prokureur so hy het nie baie tyd vir tuinmaak nie. Ons worteltjies
is maar redelik klein" en sy beduie presies hoe klein hulle is. "Ons ou
aartappeltjies is nog baie jonk, en is nog maar so groot" (Sy beduie met
haar vingers hoe klein die aartappeltjies is.
Die ou dowe tannie het die beduiery so
gesit en kyk en vra toe later nuuskierig - "Van wie se man praat julle nou?"
>>>>>
volgende
|